Bouplanne lyk swak, kopers ook gewaarsku

Home Uncategorized Bouplanne lyk swak, kopers ook gewaarsku
Bouplanne lyk swak, kopers ook gewaarsku


Bouplanne lyk swak, kopers ook gewaarsku

Bouplanne het in Oktober vanjaar in Windhoek en Swakopmund uiters swak vertoon. Die twee het  saam het 268 bouplanne goedgekeur, ter waarde van 333,2 miljoen Namibiese dollar. Dit verteenwoordig ‘n 7,6 persent maand-tot-maand afname en ‘n 19 persent afname in goedkeurings op ‘n jaargrondslag. Simonis Storm wat die syfers bekend gemaak het sê terwyl die regulasies in verband met tweede eiendomme onlangs deur die sentrale bank verslap is en dit ‘n hupstoot aan eiendomsverkope en bouplanne kan gee, moet kopers en eienaars versigtig wees omdat dit pryse kan opstoot in ‘n omgewing waar rentekoerse ook nog ‘n geruime tyd hoog sal bly. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.