Brad Binder vat tweede plek
Die Suid-Afrikaner Brad Binder het tweede geëindig vir die MotoGP-span, Red Bull KTM Factory Racing, in die seisoen se eerste wedren in die Katar Grand Prix. Die heersende wêreldkampioen van Italië en Ducati-ryer, Francesco Bagnaia, het met die wegspringslag die voorste plek opgeëis en tot die einde toe daar gebly om die wedren te wen. Die Spanjaard Jorge Martin van Pramac Racing was derde. Bagnaia is boaan die wêreldranglys met 31, gevolg deur Binder in die tweede en Martin in die derde plek.
Leave a Reply