Brasiliaanse dwelmbaas skuil dalk in Luanda
Inligting wat aandui dat een van die mees gesoekte dwelmbase in die Angolese hoofstad skuil, wek groot kommer. Die Brasiliaan André de Oliveira Macedo, 46 jaar oud, beter bekend as André do Rap word deur Interpol gesoek, op versoek van die Brasiliaanse Federale Polisie, vir internasionale dwelmhandel, mensehandel en geldwassery. Bewerings oor sy teenwoordigheid in Launda is gegrond op getuies wat beweer dat hulle hom by minstens twee geleenthede in die Angolese hoofstad gesien het. Daar is bewerings dat die regering weet hy is daar. Hy is sedert Oktober 2020 op vrye voet.
Leave a Reply