Brasilië beperk toegang tot wapens
Die Brasiliaanse President Luiz Lula da Silva het ‘n uitvoerende bevel onderteken om burgerlikes se toegang tot wapens te beperk. Onder sy voorganger, Jair Bolsonaro, het die privaat besit van wapens skerp toegeneem tot bykans 800 000 geregistreerde wapeneienaars. Ingevolge Da Silva se dekreet word geregistreerde jagters se wapens verminder tot ses, nadat hulle vroeër tot 30 wapens kon besit, en nege millimeter handwapens sal nie langer vir burgerlikes beskikbaar wees nie. Die beheer van wapens is ook oorgedra van die weermag na die polisie, omdat die weermag se beheer ontoereikend was.
Leave a Reply