Brent sluit ’23 10% laer af
Brent ruolie-termynkontrakte het vanjaar meer as 10 persent verloor in ‘n onstuimige jaar van handel gekenmerk deur geopolitieke uitdagings en kommer oor die olie-uitsetvlakke van groot produsente regoor die wêreld. Brent het handel vir 2023 op net bo 77 Amerikaanse dollar ‘n vat afgesluit. Dit is die laagste vlak sedert 2020.’n Reuters-peiling onder 34 ekonome en ontleders voorspel dat Brent teen gemiddeld 82,56 ‘n vat in 2024 sal verhandel maar waarsku ook dat voortdurende geopolitieke spanning pryse kan opstoot. Ontleders bevraagteken ook of Opul en sy bondgenote hulle sal kan verbind tot die besnoeiings van ses miljoen vate daagliks wat hulle belowe het om pryse te ondersteun.
Leave a Reply