Brent verhandel teen 5 keer die koste van produksie
Daar word internasionaal berig dat TotalEnergies twee boorvaartuie, die Tungsten Explorer en die Deepsea Mira, in sy eksplorasie-gebied in die Oranje-beken het met ‘n verlening van die Tungsten kontrak tot 2024. Tot dusver het sy Venus-putte baie goeie uitslae opgelewer en daar is groot opgewondenheid oor die Nara 1X-put. Die maatskappy het sy planne vir eksplorasie regoor die wêreld uiteengesit met ‘n beplande verhoging van tot 3 persent in produksie teen 2028, waarin Namibië ‘n beduidende rol sal speel. Wat aandag trek is die Franse olie-reus se teiken van ‘n maksimum koste van 20 Amerikaanse dollar per vat in kapitaal en operasionele besteding. Winste vir olie-produsente is baie groot met produksie-kostes wat in Saoedi-Arabië op tussen 6 en 20 Amerikaanse dollar ‘n vat beraam word. Brent ru-olie verhandel op die oomblik teen net bo 96 dollar ‘n vat – amper vyf keer die koste van produksie.
Leave a Reply