Brics-bank gee lening van R18 miljard aan Transnet
Dis nie net TransNamib wat sukkel om aan die gang te bly nie. Uit Suid-Afrika word berig dat die Nuwe Ontwikkelingsbank, gerugsteun deur Brics-lande, gaan ‘n lening van 18 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Transnet toestaan om sy lokomotiewe op te gradeer. Die bank beoog om die transaksie teen die einde van die jaar af te handel, as deel van sy planne om sy portefeulje van 105,5 miljard rand in Suid-Afrika verder te ontwikkel. Die bank se bedryfshoof, Vladimir Kazbekov, sê uitbreidings by Transnet met behulp van die lening is ‘n fokuspunt, en hulle oorweeg nog ‘n aansienlike lening vir water en sanitasie.
Leave a Reply