Brics-beraad moenie fokus op Putin se bywoning
Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, sê die Brics-beraad moet nie oor die Russiese President, Vladimir Putin, se bywoning gaan nie. Sy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die land se gereedheid om die geleentheid aan te bied in die nasleep van die Internasionale Strafhof se lasbrief vir Putin se inhegtenisneming. Mokonyane het die onregverdigheid beklemtoon van die druk wat op die party geplaas word om meer klem op hierdie saak te plaas, terwyl die beraad self sy eie kwessies moet bespreek.
Leave a Reply