Brittanje verminder diplomatieke personeel in Niger
Brittanje het die jongste land geword wat sy diplomatieke personeel in Niger verminder. Verskeie Westerse lande, insluitend Amerika, het reeds ‘n beroep op hul burgers gedoen om die land te verlaat. Daar word gevrees dat die veiligheidsituasie in die hoofstad Niamey kan versleg omdat Niger vandag sy onafhanklikheid van Frankryk vier. Die Franse ministerie van buitelandse sake het verlede week die staatsgreepleiers gevra om die veiligheid van sy ambassade te verseker.
Leave a Reply