BTW-bedrog met Mafia-bande oopgevlek

Home Uncategorized BTW-bedrog met Mafia-bande oopgevlek
BTW-bedrog met Mafia-bande oopgevlek

BTW-bedrog met Mafia-bande oopgevlek

Italiaanse ondersoekers het ‘n misdaadsindikaat met mafia-bande ontmasker wat BTW-bedrog in Europa uitvoer. Sowat 40 lasbriewe vir arrestasies is uitgereik en goedere van sowat 10-miljard Namibiese dollar is gekonfiskeer. ‘n Regter in Milaan het gelas dat die sindikaat ondersoek word vir oorgrens-BTW-bedrog deur middel van die verkoop van rekenaar- en inligtingstegnologie-toerusting, en geldwassery van die winste. Die polisie in Bulgarye, Kroasië, Ciprus, die Tsjeggiese Republiek, Luxemburg, Nederland, Slowakye, Spanje en Switserland, sowel as die Verenigde Arabiese Emirate, het ook klopjagte uitgevoer en goedere in beslag geneem.

source