Busse loop weer in Kaapstad
Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, Reagan Allen, het bevestig dat busse van Golden Arrow en MyCiti weer loop, maar met verminderde vermoë. Dit kom nadat die hooggeregshof in die Wes-Kaap ‘n tussentydse interdik aan Golden Arrow toegestaan het om te verhoed dat die taxi-organisasie, Santaco, tydens sy staking busbestuurders intimideer of aanrand.
Leave a Reply