Buthelezi se begrafnis uitgestel tot Saterdag
Die begrafnis van Mangosuthu Buthelezi sal nou eers Saterdag plaasvind. Die stigter van die IVP en tradisionele eerste minister van die Zoeloe-monarg het Saterdag in die ouderdom van 95 gesterf. Die familie het vir die uitstel gevra omdat verskeie faktore Vrydag se beplande begrafnis onprakties sou maak. President Cyril Ramaphosa het ‘n Kategorie Een-begrafnis verklaar. Die diens vind Saterdagoggend vanaf nege-uur in die Prince Mangosuthu Buthelezi-stadion in Ulundi, KwaZulu-Natal, plaas. Alle amptelike vlae wapper halfstok tot dan.
Leave a Reply