Cameron sê Israel keer dat voedsel Gaza bereik
Die Britse minister van Buitelandse Sake, David Cameron, beskuldig Israel dat hy aandring dat ʼn belangrike toegangsroete vir hulpverlening na Gaza gesluit word. Die Verenigde Nasies het na vyf maande van oorlog aangekondig ʼn kwart van die mense in die beleërde gebied is op die rand van hongersnood. Volgens Cameron kom hulp nie in Gaza uit nie weens Israel se lukrake weiering en lang klaringsprosedures. Israel se regeringswoordvoerder, Eylon Levy, ontken dit en sê die land plaas geen struikelblokke in die pad van hulp aan Gaza nie.
Leave a Reply