Cancer Alliance mag toetree teen Roche
Die Mededingingstribunaal het die Cancer Alliance die reg gegee om deel te neem aan die saak teen die Switserse multi-nasionale gesondheidsorgmaatskappy, Roche Holdings AG en sy filiale. Die Mededingingskommissie het ‘n klagte by die Mededingingstribunaal ingedien en beweer Roche oortree die Wet op Mededinging deur ‘n buitensporige prys vir Trastuzumab te vra. Dit is ‘n lewensreddende behandeling vir ‘n aggressiewe soort borskanker. Die kommissie beweer ook die buitensporige pryse is ‘n skending van basiese menseregte insluitend toegang tot gesondheidsorg.