Castle Lite T20-konsessiereeks sorg vir vuurwerke

Home Uncategorized Castle Lite T20-konsessiereeks sorg vir vuurwerke
Castle Lite T20-konsessiereeks sorg vir vuurwerke

Castle Lite T20-konsessiereeks sorg vir vuurwerke

Die naweek se laaste wedstryd in die Castle Lite T20-konsessiereeks by die Unitedveld het vir vuurwerke gesorg toe die N/a’ankusê Lions met die laaste aflewering teen die Fish River Eagles gewen het. Die Eagles-kaptein JP Kotzé het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Sy span het 160 vir die verlies van sewe paaltjies in 20 boulbeurte opgestel. Die Lions moes in die laaste vier boulbeurte 45 lopies van 24 aflewerings aanteken om te wen. Met die heel laaste bal het die Lions nog vier lopies nodig gehad. Dié aflewering het verby die Eagles-paaltjiewagter vir vier loslopies na die grenstou deurgeglip om die oorwinning te verseël. Gerhard Janse van Rensburg van die Lions is as speler van die wedstryd aangewys. Die Castle Lite T20-konsessiereeks word komende Vrydag, Saterdag en Sondag met twee botsings per dag by United in Olympia afgehandel. Elke span het drie oorblywende wedstryde.

source