China kritiseer Taiwanse visepresident se besoek aan VSA – Kosmos 94.1

Home Uncategorized China kritiseer Taiwanse visepresident se besoek aan VSA – Kosmos 94.1
China kritiseer Taiwanse visepresident se besoek aan VSA – Kosmos 94.1



China kritiseer Taiwanse visepresident se besoek aan VSA

Die visepresident van Taiwan, William Lai, is terug op sy eiland ná ‘n besoek aan Amerika. China het dié besoek skerp gekritiseer, en noem Lai ‘n seperatis en moeilikheidmaker. Sommige Taiwannese amptenare vrees dat dit sal lei tot verdere intimiderende optrede deur China in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing. Hulle meen verskerpte militêre oefeninge deur China, sal burgers se vrese vir oorlog aanwakker. Weens die toenemende spanning tussen China en die VSA het daar die afgelope tyd heelwat militêre oefeninge in die internasionale gebiedswaters in die streek plaasgevind. China beskou die demokraties-beheerde Taiwan as deel van China.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.