China vat dalk binnekort skaap- en bokvleis
Namibië is in ‘n gevorderde stadium om ‘n ooreenkoms te sluit wat daartoe sal lei dat die land kleinvee soos bok- en skaapvleis na China sal uitvoer. The Brief berig dat sou dit suksesvol wees, sal die transaksie die bestaande hoër klas mark vir beesvleis aanvul wat in 2019 begin het, en sodoende Namibië se groei-inkomste verhoog. Die landbouminister, Calle Schlettwein sê die regering is in ‘n gevorderde stadium om die skaap- en bokvleis marktoegangsooreenkoms met China te finaliseer. Wanneer dit afgehandel is, sal dit ‘n beduidende mark vir Namibiese skaap- en bokvleisprodukte oopmaak en sodoende geleentheid skep vir verhoogde binnelandse produksievermoë deur produsente.
Leave a Reply