Chinese mynmaatskappy soek ingenieurs, maar is agterstallig met miljoene
‘n Chinese mynmaatskappy naby Rehoboth, Africa Huaxia Mining, het sewe hoëvlak poste geadverteer wat op 18 Augustus sluit. Hulle soek onder meer meganiese, chemiese en mynbou-ingenieurs. Intussen sleep die Rehoboth-dorpsraad die maatskappy hof toe weens beweerde agterstallige huur van 3,212 miljoen Namibiese dollar wat dateer van Februarie 2010 tot April verlede jaar. Volgens die dorpsraad is die huur per maand 22 000 dollar en ‘n elektrisiteitsrekening van byna 8,6 miljoen dollar vir Junie 2011 tot Januarie 2018 moet ook vereffen word. Die dorpsraad wil ook hê dat Africa Huaxia sy perseel by die Swartmodder-kopermyn moet ontruim. Die statusverhoor tussen die dorpsraad en die myn duur op 12 September voort.
Leave a Reply