Chinhengo hoor vandag hoekom hy moet waai
Fishrot-regter Moses Chinhengo sal vandag betoë aanhoor oor hoekom hy as regter in die saak moet onttrek. Dit kom na die verhoor middel Desember verlede jaar uitgestel is na verdedigingsadvokaat Mbanga Siyomunji ‘n mosie ingedien het dat Chinhengo moet onttrek. In hofstukke sê Nigel van Wyk, Siyomunji se kliënt, dat hy bang is dat hy dalk nie ’n regverdige verhoor met Chinhengo op die bank sal kry nie. Ander menings toon dat die groep beskuldigdes uitstel broodnodig gehad het omdat hulle nie geld het om hulle eie regslui aan te stel nie. Die regter het hulle geroskam oor laasgenoemde en gesê daar was meer as genoeg tyd, sedert 2021, om regslui te bekom.
Leave a Reply