City is 11de keer deur na laaste 16 in Kampioeneliga
Die verdedigende kampioene, Manchester City, het vir die elfde agtereenvolgende seisoen hulle plek in die Kampioeneliga se laaste 16 bespreek met twee wedstryde wat oorbly. Twee doele van Erling Haaland en een van Phil Foden het City gehelp om die Young Boys met 3-0 te klop en die eerste span te word wat die uitkloprondes haal saam met die Duitse span RB Leipzig. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê hulle werk in Groep G is nog nie klaar nie en hy beklemtoon hoe belangrik dit is om voor Leipzig te eindig:
Leave a Reply