Cran kanselleer Ucom Mobile Namibia se lisensie
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het die spektrumlisensies van Ucom Mobile Namibia gekanselleer. Die hooggeregshof het op 16 November verlede jaar ‘n verstekvonnis teen Ucom toegestaan weens sy onvermoë om meer as 19,3 miljoen Namibiese dollar aan lisensiegeld te betaal. Emilia Nghikembua, hoof uitvoerende beampte van Cran, sê in ‘n verklaring Ucom het ook nie daarin geslaag om die toegewese spektrum doeltreffend te gebruik nie, wat gelei het tot spektrumopgaar. Cran gee Ucom tot Junie vanjaar om die migrasie van hul sowat 1 000 kliënte te fasiliteer, waarna alle dienste beëindig sal word.
Leave a Reply