Cyril erken reënkoningin, Modjadji die sewende
President Cyril Ramaphosa het prinses Masalanabo Modjadji amptelik erken as die koningin van die Balobedu-koninginskap in Limpopo. Sy is op 18-jarige ouderdom nou koningin Modjadji die sewende, ook bekend as die reënkoningin, in die enigste wettige erkende koninginskap in Suid-Afrika. Die presidensie sê haar erkenning, kragtens die Wet op Tradisionele en Khoi-San Leierskap, is ‘n betekenisvolle oomblik vir die Balobedu-nasie. Woordvoerder Vincent Magwenya het meer.