Cyril lei afvaardiging na G20 spitsberaad in Rio
President Cyril Ramaphosa lei van môre tot Dinsdag ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Groep van Twintig-leiersspitsberaad in Rio de Janeiro in Brasilië. Die spitsberaad se tema is “Building a Just World and a Sustainable Planet”. Ramaphosa neem vandag deel aan die bekendstelling van die veldtog Leveraging the Potential of Renewables – The Road to Johannesburg. Die presidentskap van die G20 word amptelik aan Suid-Afrika in Rio oorhandig. Die land sal van volgende maand af die konsolidering voortsit van die inisiatiewe van sy globale suide-voorgangers onder die slagspreuk Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid.