Cyril vra vir sterker sake-bande met Angola
President Cyril Ramaphosa vra sterker handels- en beleggingsbande tussen Suid-Afrika en Angola. Hy het tydens die Angolese president, João Lourenço, se staatsbesoek gesê beide lande moet nuwe ekonomiese geleenthede buiten die oliesektor ondersoek, veral op gebiede soos infrastruktuur, landbou en hernubare energie.