DA sal nie op eie tot regering verkies word nie: Politieke ontleder
Die DA se vermeende onvermoë om kiesers te oortuig om hom op sy eie as nasionale regering te verkies, is ʼn aanklag teen sy leiers, lede en invloedryke skenkers. Dis die mening van die politieke ontleder, Mpumelelo Mkhabela. Die party het Saterdag sy verkiesingsmanifes in Pretoria bekend gestel. Die leier, John Steenhuisen, glo die moontlikheid dat die ANC minder as 50-persent kan kry, skep geleentheid vir ʼn DA-geleide koalisie om oor te neem. Mkhabela het in ʼn artikel vir News24 gesê die DA se pad na mag hang af van koalisie-ooreenkomste.
Leave a Reply