DA sê NSFAS help politieke kamerade
Die DA beweer die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het nie keuringsprosesse vir studente-akkommodasie aanlyn-portaal diensverskaffers en akkrediterende agente openbaar gemaak nie. Dit volg nadat onthullings van onreëlmatighede en politieke bande in tenderkontrakte oopgevlek is deur die Organisasie teen Belastingmisbruik. Chantel King van die DA beskuldig maatskappye met politieke bande dat hulle die stelsel uitbuit en hulleself verryk ten koste van studente. Sy eis deursigtigheid en aanspreeklikheid van NSFAS:
Leave a Reply