DA verwelkom Transnet hoof se bedanking
Die DA het die bedanking van die Portia Derby as die uitvoerende hoof van Transnet verwelkom. Die party het dit as die eerste groot stap beskryf om die lotgevalle van die sukkelende staatsonderneming om te draai en dit van die randjie van ineenstorting te red. Ghaleb Cachalia van die DA sê die ampstydperk van Derby saam met die res van die bestuur was ‘n ramp en moet nooit herhaal word nie. Hy voeg by hulle was eiehandig verantwoordelik vir die ineenstorting van Suid-Afrika se uitvoersektor en het die fiskus waardevolle inkomste ontsê:
Leave a Reply