Daar loop weer ‘n luiperd los!
Die Gautengse departement van landbou, landelike ontwikkeling en die omgewing waarsku inwoners oor ‘n luiperd wat ronddwaal in die omgewing van die Roodeplaatdam-natuurreservaat. Bewaringsbeamptes monitor die situasie en beplan om ‘n wildsveearts te betrek om die dier veilig te hervestig. Die luiperd se oorsprong is onbekend en ‘n ondersoek is tans aan die gang. Luiperds, wat meestal in die nag aktief is, kan gevaarlik wees. Die departement beklemtoon luiperds moet nooit as troeteldiere aangehou word nie, aangesien permitte daarvoor nodig is.
Leave a Reply