Daar’s dalk mahangu tekorte
Totale landbouproduksie in die tweede kwartaal van 2023 het skerp afgeneem vergeleke met dieselfde kwartaal van 2022, en dit is in alle gewasse weerspieël. Witmielies het die produksie van beheerde grane met 21 648 ton oorheers, gevolg deur mahangu met 295 ton. Kosmos 94.1 Nuus het by Ian Collard, hoof van die NMI-groep, uitgevind of genoeg mahangu uit Indië ingevoer kan word, en of ons moet begin bekommerd word.
Hy het bygevoeg dat as mense nie mahangu in die hande kan kry nie, mieliemeel ‘n goeie tweede opsie sal wees.
Leave a Reply