Dagga-gebruikers word onnodig vervolg
Prokureur Norman Tjombe sê die private gebruik van dagga moet so gou moontlik in die parlement aangespreek word. Hy sê dit is tyd om dit te hanteer as ‘n saak wat nie net op mense se privaatheid inbreuk maak nie, maar ook op volgelinge van die Rastafariese godsdiens. Dit kom nadat die president van die Ganja Users of Namibia-organisasie en die Rastafari United Front, Brian Jaftha, tot twee jaar tronkstraf gevonnis is op ‘n vyf-jaar-oue saak van handel in 97 gram dagga ter waarde van 1 940 Namibiese dollar. Angela Prusa van die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië het haar mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Leave a Reply