‘Dagga-Tanzaniërs’ agter tralies tot 8 Desember

Home Uncategorized ‘Dagga-Tanzaniërs’ agter tralies tot 8 Desember
‘Dagga-Tanzaniërs’ agter tralies tot 8 Desember


‘Dagga-Tanzaniërs’ agter tralies tot 8 Desember

Die twee Tanzaniërs wat na bewering met dagga ter waarde van 1,1 miljoen dollar op die pad tussen Keetmanshoop en Grünau betrap is, het in die Keetmanshoop landdroshof verskyn op ‘n klag van handel in afhanklikheid-vormende stowwe. Japhari Rashiri en Juma Juma, beide 22-jaar-oud, is nie gevra om te pleit nie en landdros Mulunda Masiku het die saak uitgestel na 8 Desember vir verdere ondersoek en dat hulle regsverteenwoordiging kan bekom. Rashiri het aangedui hy wil by die regshulp direktoraat aanklop, terwyl Juma gesê het hy gaan homself verdedig. Hulle bly in aanhouding. Marlon Adams het vir die Staat opgetree. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.