Russiese koringoes: Daling in pryse goed vir verbruiker, nie produsent nie
Die prys van Russiese koring het gedaal. Verlede week het die Russiese landbou-konsultantmaatskappy SovEcon sy koring-oesvoorspelling van 87,1 miljoen ton tot 92,1 miljoen ton in sy jongste maandelikse verslag verhoog. Die groter oes, in kombinasie met rekordvoorrade, sal uitvoere stimuleer, wat prysdruk op die wêreldmark tot gevolg sal hê. Die hoofbestuurder van Akkerbou en Tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, sê dat verbruikers ‘n prysverlaging van koring sal sien.
Hy voeg egter by dat dit nie goeie nuus vir plaaslike koringprodusente sal wees nie.
Leave a Reply