Damvlakke inspireer glad nie, lyk uiters sleg – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Damvlakke inspireer glad nie, lyk uiters sleg – Kosmos 94.1
Damvlakke inspireer glad nie, lyk uiters sleg – Kosmos 94.1



Damvlakke inspireer glad nie, lyk uiters sleg

Damme wat Windhoek van water voorsien, se gesamentlike vlak staan nou op 31,2 persent teenoor verlede jaar se 52 persent. Von Bachdam se vlak staan nou op 20,4 persent teenoor verlede jaar se 48,7 persent en water word steeds vanaf die Swakoppoortdam, asook van noordelike waterbronne na Von Bach oorgepomp. Dieselfde geld by Gobabis waar water ook steeds vanaf die Daan na die Tilda Viljoen oorgepomp word wat nou 30,5 persent vol is. Gobabis-damme se totale vlak is ‘n skrale 6,8 persent. In die Suide het die Hardapdam ‘n verlies van 1,547 miljoen kubieke meter gehad weens besproeiing. Verlede jaar was Hardap 63 persent vol teenoor vanjaar se 32,3 persent. Die Nautedam is nou 58,1 persent vol teenoor verlede jaar se vlak van 92 persent en die Oanob by Rehoboth is 55,1 persent vol. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.