Damvlakke is oral laag maar die Ooste het net 5,6%
Daar is net 28 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is Von Bach op 18,6 persent na water van Swakoppoort, wat op 54,2 persent staan, oorgepomp is. Omatako is steeds leeg. In die Suide is Hardap op 26,4 persent met net meer as 2,2 miljoen kubieke meter wat in die afgelope sewe dae benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 53,6 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 51,7 persent water. Die Neckartaldam, wat onbenut is, is 89 persent vol. Die Ooste se totale bronne is op 5,6 persent met die Otjiverodam op 7,5 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 26,5 en 4 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 37 persent.
Leave a Reply