Dausab lê wysigings oor reël 108 ter tafel in NV
Na verskeie optogte deur lede van die publiek sowel as ingrypings deur die bekende prokureur Richard Metcalfe, het die minister van justisie Yvonne Dausab twee wysigingswetsontwerpe in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Die voorstelle maak aanpassings aan die reël 108 in die hoërhof wat regters toelaat om bevele uit te reik dat banke beslag op eiendom kan lê en verkoop om uitstaande skuld te delg. Sou dit deurgevoer word sal eienaars van eiendomme eers kans gegun word om hul eiendom te verkoop indien daar wanbetaling plaasvind. Daar is ook bepalings om eiendom, as dit die primêre woning van die debiteur is, te beskerm. Howe sal verskeie opsies in die verband hê.
Leave a Reply