David Warner kondig sy uittrede aan
Die dinamiese Australiese aanvangskolwer, David Warner, het sy uittrede uit internasionale eendagwedstryde aangekondig. Hy speel vandeesweek sy laaste toets teen Pakistan, maar hou ʼn agterdeur oop om in 2025 vir die Kampioenetrofee beskikbaar te wees. Australië se afrigter, Andrew McDonald, het die naweek gesê die 37-jarige Warner is waarskynlik die land se beste drieformaat-speler ooit. In Suid-Afrika sal hy onthou word vir sy rol in die omstrede balpeuter-saak in 2018. Hy en kaptein Steve Smith was albei ʼn jaar lank geskors ná hulle aandeel in die drama in Kaapstad.
Leave a Reply