DBV op Lüderitz kla man aan wat hond doodslaan
‘n Strafregtelike saak is deur die Dierebeskermings-vereniging van Lüderitz by die Namibiese polisie aanhangig gemaak teen ‘n man wat gesien is waar hy ‘n hond langs ‘n openbare vullisdrom wreed doodgeslaan het. Volgens die DBV word nog twee mans by die saak betrek, asook ‘n vrou wat glo die drie verdagtes gehuur het om die hond dood te maak. ‘n Video van die voorval word wyd op sosiale media versprei en die DBV sê dat kulturele verskille nie die oppergesag van die reg moet oorheers nie. ‘n Veldtog word tans deur plaaslike diereregte-groepe van stapel gestuur teen die eet van honde wat in sommige gemeenskappe, veral in die Noorde, as aanvaarbaar beskou word. Dit het ‘n hewige debat landwyd ontlok.
Leave a Reply