Derde Phala Phala-verdagte verskyn vandag saam met David, Joseph
Die Valke het ‘n derde verdagte in hegtenis geneem in verband met die diefstal van buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020. Die 27-jarige het homself aan die polisie oorgegee. Twee Namibiërs, Imanuwela David en Froliana Joseph, is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Die derde verdagte sal vandag by die twee aansluit in die Bela-Bela-landdroshof. Valke-woorvoerder Katlego Mogale.
Intussen sê die buurland se nasionale vervolgingsgesag hy ondersoek die aankoop van eiendomme deur die verdagtes. Rondom 580 000 Amerikaanse dollar is by die plaas in Februarie 2020 gesteel. Daar is verskeie eiendomme in die Wes-Kaap, sowel as Namibië aangeskaf, en talle voertuie ook. Daar is vyf verdagtes met die saak verbind en sluit in Imanuwela David, Erkki Shikongo, Urbanus Shaumbwako, Petrus Muhekeni en Petrus Afrikaner. Hulle is blykbaar oor die kontant ingelig deur Froliana Joseph wat op die plaas gewerk het en blykbaar verwant is aan David. Hulle is almal Namibiese burgers.
Leave a Reply