Die jaag na graad 1 en 8 plekke het begin
In die onderwysministerie se jaarverslagt is daar melding gemaak dat die Khomas-streek altesaam 8 342 graad 7-leerders gehad het. Die hulpbronne wat beskikbaar is om alle leerders in hoërskole te akkommodeer, is egter nie altyd voldoende nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Windhoek Hoërskool, Juanita Birch, gesels wat sê hulle kan net 320 graad 8-leerders akkommodeer, maar het 2 800 aansoeke ontvang. Birch het ouers aangemoedig om openbare skole te ondersteun om optimale prestasie te verseker.
Leave a Reply