Die nabetragting van Valentynsdag….
Gelukkige Valentynsdag aan … myself!
‘n Opname het bevind dat ongeveer 4 persent van volwassenes van 30 en ouer vir hulself ‘n Valentynsdaggeskenk gekoop het, soos blomme, ‘n nagereg, ‘n bietjie klere, lekkergoed, ‘n beker, en dies meer.
Dit blyk dat baie meer mense Valentynsdag vir hulself sê: “Ek is lief vir jou”!
Self-geskenke is aan die toeneem namate meer verbruikers moeg word daarvoor om onbenullige geskenke van hulle lewensmaats te ontvang, en voel goed daaroor om hulself eerder te bederf of bloot net die lewe van ‘n enkellopende te vier.
14 Februarie se betekenis word jaar op jaar baie anders deur verskillende mense geintrepreteer en dit lyk asof mense meer waarde tot hulself wil toevoeg, eerder as om teleurgesteld te word.
Leave a Reply