Diefstal van waterpompe in Noorde ‘n kopseer
Inwoners en diere in die streke van Ohangwena, Kavango-Wes en -Oos is sonder water nadat 46 gemeenskaplike waterpompe uit die streke gesteel is. Drie waterpompe is onlangs in die omgewing van Okongo en Oshikunde in die Ohangwena-streek gesteel. Altesaam 43 waterpompe ter waarde van 1,9 miljoen Namibiese dollar is uit die Kavango-streke gesteel – 25 van hulle uit Kavango-Wes en 18 van Kavango-Oos. Die pompe is tussen 2020 en vanjaar geïnstalleer. Mense steel die waterpompe wat beteken dat die ministerie dit aanhou moet vervang. Jona Musheko, hoof-skakelbeampte van die ministerie van landbou, water en grondhervorming wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, sê dit is ‘n reuse-probleem…
Leave a Reply