Diere op spog-wynlandgoed gered uit haglike toestande
Die Kaap van Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging het gister diere gered vanaf Eagle Encounters op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch nadat die haglike omstandighede waaronder hulle aangehou is, ontdek is. Hoofinspekteur Jaco Pieterse het bevestig beslag is gelê op ses roofvoëls, drie slange en ‘n kolgans. Volgens Pieterse was geen veearts-sorg of drinkwater vir enige van die diere beskikbaar nie. Hy sê die sentrum kan strafregtelik aangekla word kragtens die Wet op Dierebeskerming.
Leave a Reply