Dieremedisyne in fokus by werkswinkel
Die Namibiese Medisyne-beheerraad se driedaagse werkswinkel in die hoofstad is gemotiveer deur die dringende behoefte om antimikrobiese weerstand volhoubaar aan te spreek, en ook die skedulering van dieremedisyne. Die meeste dieremedisyne is tans geskeduleer onder Bylae 0 en mag dus enige plek verkoop word. Die versuim om die beskikbaarheid van medisyne doeltreffend te reguleer, is as ‘n bydraende faktor tot die ontwikkeling van antimikrobiese weerstand genoem. Dr Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartsenykliniek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van die werkswinkel.
Leave a Reply