Diplomatieke spanning met Ecuador brei uit
Latyns-Amerikaanse regerings, insluitend Brasilië, skaar hulle saam met Mexiko nadat daar op sy ambassade in Ecuador toegeslaan is om ‘n omstrede politikus in hegtenis te neem wat deur Mexikaanse owerhede asiel toegestaan is. Jorge Glas, Ecuador se voormalige vise-president wat op korrupsieklagte aangehou is, is Vrydagaand gearresteer, in die ambassade. Mexikaanse president Andres Manuel Lopez Obrador wat die ongewone diplomatieke inval en arrestasie as ‘n “outoritêre” optrede sowel as ‘n skending van internasionale reg en Mexiko se soewereiniteit, beskryf het, het diplomatieke betrekkinge met Ecuador opgeskort.
Leave a Reply