Alweendo: Dis g’n gegewe dat Swapo vir nog 30 jaar gaan regeer
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê daar is geen waarborg dat die Swapo-party vir nog 30 jaar sal aanhou regeer as partyleiers nie doen wat die kiesers van hulle verwag nie. Alweendo het tydens die Swapo-party se uitvoerende komiteevergadering van die Karas-streek beklemtoon dat die sukses van die party in die verlede gegrond is op dié wat in die leierskap was wat daarin geslaag het om Namibiërs te oortuig dat Swapo die regte party is. Hy sê Swapo regeer die land al vir 33 jaar, maar alle doelwitte is nog nie bereik nie. Alweendo sê leiers moet kwessies en bekommernisse van die kiesers aanspreek en ontwikkelingsprogramme daarvolgens skep.
Leave a Reply