Dit kom voor asof GRN nie onderwys-uitdagings ernstig opneem nie

Home Uncategorized Dit kom voor asof GRN nie onderwys-uitdagings ernstig opneem nie
Dit kom voor asof GRN nie onderwys-uitdagings ernstig opneem nie

Dit kom voor asof GRN nie onderwys-uitdagings ernstig opneem nie

Die regering kom onder skoot vir sy begroting vir meubels en inligting en kommunikasie-toerusting. Die begroting vir vanjaar is op 197,7 miljoen Namibiese dollar maar, die grootste deel daarvan word deur verdediging en binnelandse sake bestee, 22 persent. Onderwys kry net 18 persent, ten spyte van reuse-tekorte aan lessenaars, stoele, koshuisbeddens en rekenaars in skole. Die begroting vir meubels is die grootste in agt jaar maar, maak net 1,46 persent van die totale begroting uit. Die regering het onlangs ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om hom by te staan met skole-infrastruktuur.

source