Djokovic op soek na 11de Aussie Ope titel
Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, skop sy 2025-seisoen volgende maand af in die Brisbane-internasionale toernooi ter voorbereiding van die Australiese Ope. Die Serwiër het in Oktober laas meegeding toe hy op die Sjanghaise Meesterstoernooi teen die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, verloor het. Djokovic streef na ʼn elfde Australiese Ope-titel en ʼn rekord 25ste Grand Slam-kroon. Die 37-jarige speler sê hy sien uit na die ongelooflike ondersteuning van Australiese bewonderaars en om die geleentheid in Brisbane ʼn onvergeetlike toernooi te maak.