Djokovic sukkel met beseerde gewrig, Aussie Ope op pad
Die tienmalige Australiese Ope-kampioen, Novak Djokovic, is in ‘n stryd teen tyd gewikkel om betyds fiks te wees om sy titel te begin verdedig. Hy het sy gewrig seergemaak in die United Cup-spankampioenskap in Perth, waar hy Woensdag verslaan is deur die plaaslike speler Alex de Minaur. Dit was die wêreld se nommer een-speler se eerste nederlaag sedert 2018 in Australië, waar hy sy vorige 43 wedstryde gewen het. Vanjaar se eerste Grand Slam-toernooi begin volgende Sondag in Melbourne, en word die eerste keer oor 15 dae gespeel.
Leave a Reply