Dodetal na terreur-aanval styg na 93
Die dodetal in ‘n terreur-aanval by ‘n konsert in Moskou, Rusland het tot 93 gestyg. Intusssen het Russiese owerhede 11 mense in verband met die aanval in hegtenis geneem. Die Isis-terreur-groep het vroeër verantwoordelikheid aanvaar vir die brutale aanval in die Crocus-stadsaal waarin meer as 145 beseer is. Kamoefleergeklede gewapende mans met outomatiese wapens het by die volgepakte konsert ingebars. Daar was ook ontploffings wat ‘n brand begin het.
Leave a Reply