Dokters Sonder Grense sluit operasies in Mosambiek af
Dokters Sonder Grense het hul operasies in Beira, Mosambiek, waar hulle sedert 2014 is, afgehandel nadat hulle die gesondheidsorgstelsel teen MIV en tuberkulose bygestaan het. Die land het een van die hoogste MIV-voorkomsgetalle ter wêreld met ongeveer 13-persent van mense tussen die ouderdom van 15 en 49 wat besmet is. Ten minste 34 000 mense ly aan mede-besmetting en sterf jaarliks aan TB. Dokter Shehezady Cruz het gepleit vir geno-tiperings-toetse om doelreffende behandelingsingrypings te verseker. Hy het verder ‘n behoefte aan beter kommunikasie tussen regerings en gesondheidsdienste beklemtoon.
Leave a Reply